On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan Anny
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

Local News

Vyf verdagtes gesoek ná vulstasie-rooftog in VS

───   MARK STEENBOK 09:11 Sun, 04 Dec 2016

Vyf verdagtes gesoek ná vulstasie-rooftog in VS | News Article

Parys - Die polisie op Parys soek na vyf swaar gewapende verdagtes wat vermoedelik hierdie week by twee vulstasies op die N1-snelweg buite die dorp toegeslaan het.


Polisiewoordvoerder Sinah Mpakane sê twee van die mans, altwee met vuurwapens, het vermoedelik Vrydag tussen 02:00 en 02:15 by die eerste winkel van die vulstasie ingestorm en die werknemers gedreig om na die agterkant van die winkel te gaan. 

Sy sê vyftien minute later is presies dieselfde modus operandi gevolg toe die booswigte by die tweede vulstasie, net oorkant die pad, toegeslaan het. 

Mpakane sê die booswigte het toegang tot draagbare kluise gekry by altwee winkels en met ‘n onbekende bedrag geld op die vlug geslaan.

“Die twee rowers wat in die winkel ingekom het, was onderskeidelik gewapen met ‘n haelgeweer en pistool. Niemand is beseer nie en hulle het met ‘n silwer Mercedes Benz sonder nommerplate op die vlug geslaan. Die ondersoek duur voort,” sê Mpakane.

OFM-nuus


Podcasts

Polisiewoordvoerder Sinah Mpakane :

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.