On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Local News

Reënvoortuitsigte gunstiger teen verlede week in die Vrystaat

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:26 Thu, 08 Dec 2016

Reënvoortuitsigte gunstiger teen verlede week in die Vrystaat | News Article
File photo

Bloemfontein - 'n Geringe kans vir geïsoleerde donderbuie smiddae in die sentrale deel van die Vrystaat en 'n deel van Noordwes word vir die res van die week voorspel.


Daarmee saam word dagtemperature in die dertigs vandeesweek verwag met bloedige warm toestande wat in die Noord-Kaap voorkom. 

'n Weervoorspeller in die Bloemfonteinse weerkantoor, Michael Nethavhani, sê 'n 30% kans op geïsoleerde donderbuie in die sentrale deel van die Vrystaat word vandag verwag. Die toestande kan tot Sondag duur. In die oostelike dele van die Vrystaat en Noordwes is daar egter 'n 60% kans op reën vir die res van die week.

Volgens hom is daar 'n hoogdrukstelsel wat verswak het. Dit dra by tot die ontwikkeling van buie- en donderbuie wat in die volgende vier dae kan voorkom.

Hy sê die vooruitsigte op reën in 'n groter deel van die Vrystaat en Noordwes is volgende Dinsdag tot Donderdag meer gunstig.

Vogtiger toestande word verwag soos die hoogdrukstelsel verder verswak. Daar is 'n 60% kans op verspreide donderbuie, sê hy.

Temperature kan ook ietwat afneem teen volgende week.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.