On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Bloemfonteiner bewaarheid kinders se drome om in branders te baljaar

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:39 Thu, 08 Dec 2016

Bloemfonteiner bewaarheid kinders se drome om in branders te baljaar | News Article
De Villiers Wille (middel) en twee seuns (onderskeidelik 18 en 18) wat die uitstappie na Margate baie geniet het/OFM-nuus

Bloemfontein - 'n Jong Bloemfonteinse sakeman en van sy familielede het kort voor die feesseisoen kinderharte met ‘n uitstappie na die KwaZulu-Natalse Suidkus verbly.


De Villiers Wille, het kinders van die Engo Kinder-en-jeugsorgsentrum, oftewel Ons Kinderhuis in Bloemfontein, die geleentheid gebied om by die see te baljaar. Vir baie van die kinders was dit hul eerste keer by die see. Wille het, Boet en Grace Fourie, eienaars van die Margate-sportskool genader. Dié oud-Vrystaters het nie geskroom om te help nie en het gratis verblyf met etes aan 32 kinders in die Oktober-skoolvakansie verskaf. 'n Beskeie Wille, het ‘n paar jaar gelede by die sentrum betrokke geraak omdat hy ‘n verskil wou maak. Wille staan gereeld tyd af om tyd saam met die kinders deur te bring en om hulle met opregte gebare te bederf.

"Ek't gesien daar is 'n behoefte aan 'n tipe pa-figuur." Hy het vriendskapsbande met van die kinders, klein en groot, begin smee. Op gepaste tye met toestemming van die sentrum-bestuur het hy by die kinders gaan kuier. Hy neem gewoonlik iets soets saam om te eet en speel buite saam met die kinders van alle ouderdomme. Wille het sy staffie-hond saamgeneem om met die kinders te speel of soms opgedaag met iets soets en saam met hulle bal geskop.

Hy het ook al etes voorberei en op spesiale geleenthede soos Valentynsdag aan kinders by dié sentrum voorgesit.

Sy "projek" (soos hy daarna verwys) het aan hom begin gegroei. Tyd saam met die kinders is vir hom kosbaar. "Om sommer op 'n Saterdag vinnig daar te stop en saam te kuier." Of om vooraf met bestuur te reël en op 'n Saterdag 'n paar seuns te verras met vistokke en 'n uitstappie na die viswaters, vertel hy. Wille is nou al 'n ou hand by die sentrum en wanneer hy daar opdaag straal talle gesiggies.

Twee seuns, onderskeidelik 16 en 18 was deel van die gorep wat in Margate gaan kuier het. Dit was vir hulle 'n onvergeetlike ervaring.

Albei die seuns se droom om die see te sien is bewaarheid. Dit was vir hulle 'n onvergeetlike ervaring gewees.

Fikkie van Dyk, hoof van die sentrum, sê hulle het besluit om kinders wat hard gewerk het om van dié sentrum se jaarlikse jaareindkonsert 'n sukses te maak, te beloon met die weeklange uitstappie. Die groep kinders het in die Oktober-vakansie na Margate vertrek. Van Dyk sê baie van die kinders wat die uitstappie meegemaak het, het ook geen heenkome oor die vakansietyd gehad nie. Hulle is nie uitgeplaas na hul ouers, familielede of vakansie-ouers nie. 'n Brandstofskenking het die rit na Margate en terug moontlik gemaak.

Volgens Van Dyk is Wille se inisiatief met ope arms verwelkom. Daar is nie altyd 'n geldelike behoefte by die kinders nie, maar eerder 'n behoefte aan persoonlike aandag. Mense se betrokkenheid is kosbaar. "Ons kinders het nie iemand spesiaal wat deel is van hul lewens nie." Hulle soek iemand om hulle emosioneel te ondersteun. "As personeellede moet ons dissipline toepas. Ons vertolk die rol van ouers, maar baie keer het die kinders 'n mentor (ouer broer of sussie) nodig.

Van Dyk vertel daar is altesaam 47 kinders wat hierdie jaar nie in Desember uitgeplaas kon word nie. Hulle word besig gehou met verskeie programme en gaan later 'n draai maak op Prieska in die Noord-Kaap waar nog 'n weldoener dit jaarliks moontlik maak vir hulle om Kersfees by 'n vakansie-oord te kan deurbring.

Mense wat betrokke wil raak, kan Ons Kinderhuis by 051-4333-281 bel.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.