On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Local News

Plaasaanvalle en -moorde in VS neem af in 2016

───   16:32 Wed, 14 Dec 2016

Plaasaanvalle en -moorde in VS neem af in 2016 | News Article

Bloemfontein - Statistiek oor moorde en ernstige geweldsmisdade op plase in die Vrystaat, soos deur die VKB/VL Veiligheidslessenaar aangeteken vir die jaar tot dusver, dui ’n daling in moorde en aanvalle op plase aan.


Vir Vrystaat Landbou (VL) en die VKB/VL Veiligheidslessenaar is elke moord ‘n moord te veel, en ons wil weereens ’n versoek rig aan alle landbouers om paraat te wees en hul veiligheid voorop te stel in die feestyd. Lees gerus die veiligheidwenke wat die lessenaar op ons webtuiste deel, en verseker dat u deel is van die plaaslike plaaswag stelsel.

Ons deel graag die verskeie statistiek soos aangeteken vanaf 1 Januarie tot 14 Desember 2016. Plaasaanvalle en –moorde aangeteken op die databasis word aangeteken in terme van die Polisie se defenisie van sodanige voorvalle en vir elke voorval wat op die lessenaar se databasis aangeteken is, bestaan ’n saaknommer by die Polisie.

 •       Tot op hede is 57 aanvalle, waartydens sewe moorde gepleeg is, vir 2016 aangeteken. Altesaam vyf van die moorde was op werkers (Bultfontein, twee by Harrismith, Kroonstad en Thaba Nchu) en twee op landbouers (Bethulie en Cornelia/Ascent). Die meeste voorvalle, 25, het in die Noord-Vrystaat plaasgevind, gevolg deur die Suid- en Oos-Vrystaat met onderskeidelik 18 en 14 voorvalle elk. Vir die volgende dorpe is twee of meer voorvalle aangeteken; Bloemfontein (6); Ficksburg, Clocolan, Cornelia en Harrismith (3 elk), Boithuso, Brandfort, Bultfontein, Heilbron, Kroonstad, Ladybrand, Vierfontein en Welkom (2 elk). Plaasaanvalle is die jaar reeds by 40 Vrystaatse dorpe aangemeld.  

•       ‘n Totaal van 26 van die 57 aanvalle was op werkers of opkomende landbouers. Altesaam 37 van die aanvalle was huis- en gewapende rowe, wat ook ander misdade insluit. In 13 gevalle word poging tot moord ook ondersoek.

•       Die meeste van die insidente het op Saterdae (13) plaasgevind, gevolg deur Vrydae (10) en Woensdae (9). Twee derdes van die aanvalle (66%) is vanaf Woensdae tot Saterdae aangeteken.

•       Sowat 38,6 % (22) van die aanvalle het gedurende daglig (06:00-18:00) plaasgevind, en 61,4% in die aand (18:00-06:00) - 19 in die voornag en 16 in die na-nag (vroeë oggendure).

•       In 14 aanvalle is twee slagoffers op een slag aangeval, terwyl slagoffers in sewe aanvalle deur drie tot vyf slagoffers op een slag aangeval/beroof is.

•       Van die 88 slagoffers, was 40 van hulle ouer as 50 jaar - 15 was tussen 60-69 jaar oud, 14 was 50-59 jaar oud en 11 was 70-79 jaar oud.

•       By 17 aanvalle was twee aanvallers betrokke, en in 29 gevalle was tussen drie en ses aanvallers per aanval betrokke. Altesaam 80,7% van aanvalle (46) is deur twee tot vyf aanvallers uitgevoer, met oortreders wat in 27 aanvalle vuurwapens gebruik het.

•       In 18 aanvalle het oortreders voertuie gebruik om na voorvalle te reis en/of om van tonele te vlug (of om met slagoffers se voertuie van tonele te vlug.)

•       Selfone, kontant en vuurwapens is die mees gesogte items tydens huisrowe op plase/kleinhoewes.

•       In 15 van die aanvalle is verdagtes in hegtenis geneem deur middel van samewerking tussen die Polisie en landbouers.

•       Altesaam 14 aanvalle het plaasgevind as gevolg van nalatigheid aan die kant van slagoffers (deure wat oop gelos is, geen diefwering, gaan ondersoek instel wanneer hulle honde hoor blaf/snaakse geluide buite gehoor het).

 
Gedurende dieselfde tydperk in 2015 is 66 aanvalle, wat 11 moorde ingesluit het, in die Vrystaat aangeteken. Hierdie syfers verskil van die syfers vrygestel in Januarie 2016, aangesien sake van moorde op plaaswerkers – wat aanvanklik as moorde op plase aangegee is – intussen verander is na moorde/aanvalle/insidente as gevolg van huishoudelike geweld of alkohol misbruik. ‘n Beduidende afname in plaasaanvalle en -moorde kan waargeneem word indien die syfers vir 2016 met die syfers van dieselfde periode verlede jaar vergelyk word. Dit is grootliks te danke aan die goeie verhoudinge en samewerking wat vanaf plaaslike tot provinsiale vlak tussen landbouers en die SAPD bestaan.

Verklaring verskaf

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.