On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Local News

Twee seuns verskyn weer in verband met Brits-vrou se moord

───   10:28 Thu, 29 Dec 2016

Twee seuns verskyn weer in verband met Brits-vrou se moord | News Article
Esbie Koster (Facebook)

Brits - Twee gr.11-leerlinge van die Rabboni Christian-skool naby Brits in Noordwes verskyn na verwagting vandag in die plaaslike landdroshof in verband met die moord op 'n sekretaresse van die skool.


Die seuns, onderskeidelik 16 en 17, sal na verwagting vandag aansoek om borgtog doen. Hulle staar aanklagte van moord, ontvoering en motorkaping in die gesig. 


Dit nadat die lyk van Esbie Koster verlede maand langs die Lethlabile-pad gevind is. Sy het 'n skietwond aan die kop gehad. Koster het die seuns glo 'n geleentheid gegee na 'n nabygeleë bushalte. Sy is glo geskiet met 'n vuurwapen wat een van die tieners by sy pa gesteel het. 


Die twee seuns is sedert hul inhegtenisname in 'n plek van veiligheid in Rustenburg.


Katleho Morapela/OFM-nuus




@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.