On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Kragvoorsiening: VS-regering bekommerd oor volhoubaarheid van Eskom-ooreenkomste

───   CATHY DLODLO 08:44 Mon, 16 Jan 2017

Kragvoorsiening: VS-regering bekommerd oor volhoubaarheid van Eskom-ooreenkomste | News Article
Die Vrystaatse LUR vir Finansies, Elzabe Rockman/OFM-nuus

Bloemfontein - Die Vrystaatse Provinsiale Regering het sy kommer uitgespreek oor die volhoubaarheid van die ooreenkomste wat aangegaan is tussen Eskom en ses munisipaliteite, wat daartoe gelei het dat daaglikse kragonderbrekings vermy kon word.


Eskom het vroeër kennisgewings uitgereik dat die kragtoevoer van vandag af na 15 munisipaliteite in die Vrystaat, Noordwes en Noord-Kaap gesny sou word weens skuld van meer as R700 miljard.


Die ses Vrystaatse munisipaliteite - Nketoana, Nala, Tokologo, Mantsopa, Dihlabeng en Masilonyana - het egter gister ooreenkomste met Eskom aangegaan, sommige met behulp van die provinsiale regering.


Die Vrystaatse LUR vir Finansies, Elzabe Rockman, sê die provinsiale regering moes by die Dihlabeng-, Masilonyana- en Nala-munisipaliteite ingryp en het ongeveer R27 miljoen betaal om die ligte aan te hou.



In Noordwes sal kragtoevoer wel van vandag af na die Ventersdorp-, Mamusa-, en Naledi-munisipaliteite gesny word, en van Woensdag af na die Lekwa-Teemane-, Maquassi Hills-, Madibeng-, en Kgetleng Rivier-munisipaliteite.


In die Noord-Kaap sal daar geen krag van Woensdag af in die Ubuntu- en Renosterberg-munisipaliteite wees nie. 


Die kragtoever sal afgesny word van Maandae tot Vrydae tussen 06:00 en 08:00 die oggend en weer 17:00 en 19:30 die aand, en weer Saterdae en Sondae tussen 08:30 en 11:00 die oggend en 15:00 en 17:30 smiddae.

OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.