On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Local News

Situasie rustig by Motheo-kollege in Bfn

───   MARK STEENBOK 14:48 Thu, 19 Jan 2017

Situasie rustig by Motheo-kollege in Bfn  | News Article
Motheo-kollege vanoggend. Mark Steenbok/OFM-nuus

Bloemfontein - Studente by een van die TVET-kolleges in Bloemfontein is bekommerd omdat hulle nie kan registreer nie.


Dit, nadat die Suid-Afrikaanse studentevereniging vir verdere onderwys en opleiding bedrywighede by TVET-kolleges landwyd tot ‘n stilstand gebring het. Honderde studente is werkloos omdat van hulle na bewering tot sewe jaar vir hul sertifikate moes wag.

Die situasie by die Motheo-kollege in Bloemfontein was vanoggend rustig, waar tientalle studente by die kampus se ingang saamgedrom het. Lede van die Studenteraad sê hulle ondersteun die nasionale agenda om aktiwiteite by kolleges landwyd te staak. Hulle is dit eens dat daar daadwerklik oplossings vir kwellende kwessies gevind moet word omdat dit hulle almal raak. Hulle sê hul is tans nog onseker oor presies hoe hulle hul solidariteit gaan toon. 

Talle ander studente is egter bekommerd omdat hulle tans nie vir die 2017 akademiese jaar kan registreer nie. Hulle eis dat die kollege die registrasieproses na volgende week uitstel. 

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.