On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Eskom-skuld: Kragonderbrekings tydelik gestaak

───   05:23 Fri, 20 Jan 2017

Eskom-skuld: Kragonderbrekings tydelik gestaak | News Article
File photo

Bloemfontein - Eskom het die kragonderbrekings na munisipaliteite wat die kragvoorsiener geld skuld, tydelik gestaak.


Dit nadat die minister van Openbare Ondernemings, Lynne Brown, ingegryp het. Brown het in 'n verklaring gesê Eskom, die department van Openbare Ondernemings en die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging het 'n ooreenkoms bereik om munisipaliteite nog tot die einde van die maand te gun om hul agterstallige rekeninge te betaal. Sy sê die kragonderbrekings het 'n moontlike rampspoedige uitwerking op sakeondernemings, wat ook tot werkverliese kan lei.


Drie munisipaliteite in Noordwes - Naledi, Lekwa-Teemane en Kgetlengrivier - en twee in die Noord-Kaap - Ubuntu en Renosterberg - is gister nog aan daaglikse kragonderbrekings van vier uur lank onderwerp weens skuld van miljoene rande aan Eskom. 


Die kragverskaffer het Maandag met die kragonderbrekings begin. Nóg 10 munisipaliteite in sentraal-Suid-Afrika, wat ook agterstallige rekeninge het, het voor Maandag se spertyd betalingsooreenkomste met Eskom aangegaan.


OFM-nuus




@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.