On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Local News

Poppie-moordverdagtes bly in aanhouding

───   DANE BEISHEIM 13:27 Wed, 25 Jan 2017

Poppie-moordverdagtes bly in aanhouding | News Article
Poppie van der Merwe/Facebook

Brits - Kobus Koekemoer, wat saam met sy vrou Louisa teregstaan vir die moord op haar driejarige dogter Poppie, verlede jaar op ’n plaas naby Mamogaleskraal buite Brits, sal volgende maand weer in die hof verskyn.


Koekemoer het glo verlede week selfmoord probeer pleeg terwyl hy in aanhouding was. Volgens Noordwes-polisiewoordvoerder Pelonomi Makau is hy verlede Donderdag in die hospitaal opgeneem nadat hy sy polse met 'n lemmetjie gesny het. 

Poppie is die aand van 25 Oktober na 'n hospitaal in Brits gehaas, nadat sy aangerand is. Sy is egter kort ná haar aankoms by die hospitaal dood verklaar.

“Koekemoer en Louisa sal in aanhouding bly tot en met hul volgende hofverskyning op 21 Februarie. Die saak word steeds ondersoek,” het Makau bygevoeg.

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.