On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Video en foto's: Gemeenskap praat oor driedubbele moord in Bloemfontein

───   12:54 Thu, 02 Feb 2017

Video en foto's: Gemeenskap praat oor driedubbele moord in Bloemfontein | News Article

Die identiteit van die drie tienerseuns wie se lyke gister in Bloemfontein gevind is, is steeds onbekend.


Die polisie vra die gemeenskap om so gou moontlik die polisie in te lig as hulle weet van mense wat oor die naweek en begin van die week vermis geraak het. 

Hoewel die motief vir die moorde steeds onbekend is, sê Thandi Mbambo van die polisie dat  bendebedrywighede nie uitgesluit kan word nie. Dit vorm deel van die ondersoek. 

Die ondersoek kom nadat die lyke van die drie seuns, tussen die ouderdomme van 15 en 21, gister in ‘n oop stuk veld langs die nuwe Lemo-winkelsentrum in Dr Belcherweg deur ‘n verbyganger gekry is. 

Die lyke was moontlik sedert die begin van die week al daar. Daar is verskeie steekwonde aan hul bolywe.

Intussen het OFM-nuus met verskeie inwoners gaan gesels oor die veiligheid in hul gebied ná gister se gebeure.

Stone Dangobe sê hy kan nie verstaan dat die seuns nog nie geïdentifiseer is nie en dat niemand hulle nog as vermis aangegee het nie. "Ek voel nog veilig, maar ek het nog nooit so iets gesien nie. Ek is baie bekommerd oor vandag se mense wat nie omgee om verkeerde goed te doen nie,” sê hy.

George Dangobe, sy seun, sê: “Ek glo nie dit is mense van Heidedal wat verantwoordelik vir die moorde is nie. Dit is die kinders van ander gebiede wat die probleme in Heidedal kom maak,” sê Dangobe.

 Jeremy May wat al van 1994 in die gebied woon, sê: “Ek voel nog veilig hier, maar dit is nie die eerste keer wat sulke dade hier plaasvind nie. Daar was al drie keer in die verlede lyke by daardie oop stuk veld gevind,” sê May.

Rachel Topkin: “Hulle sal regtig op en af in ons gebied moet begin patroleer om te verseker dat ons veilig is. Die polisie moet optree teen die bendes en dit stop,” sê Topkin.

Topkin se dogter, Candise, is 'n vierdejaarstudent aan die Universiteit van die Vrystaat. "Daar is niks vir die jongmense om te doen in die gebied nie. Daar is ook geen poging van leiers om iets daaraan te doen nie. Die jonges het ook geen rolmodel om na op te sien of wat hulle inspireer nie," sê sy.

Die Heidedal-polisie vra  mense wat oor inligting beskik en wat kan help met die ondersoek, om vir Malefetsane Khalienyane by 082-466-8387 te bel.

Videograaf: Moeketsi Mogotsi


Toneel langs Dr. Belcherweg en die M10 waar drie tienerlyke bo-op mekaar gekry is. Foto's: Mark Steenbok

Candice Topkin

Rachel Topkin

Stone Dangobe

Jeremy May

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.