On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Local News

Verskeie paaie in NW steeds gesluit weens oorstromings; N12 weer oop

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:37 Thu, 23 Feb 2017

Verskeie paaie in NW steeds gesluit weens oorstromings; N12 weer oop | News Article

Mahikeng - Oorstromings weens swaar deurdringende reën in 'n groot deel van Noordwes het vandeesweek 'n kind en twee ander mense se lewens geëis, terwyl skade aan infrastruktuur veroorsaak is.


In 'n verklaring sê Premier Supra Mahumapelo, regeringsamptenare regoor die provinsie is in die proses om die omvang van die skade te bepaal. 


Die woordvoerder van die Provinsiale Departement van Openbare Veiligheid en Vervoer, Rebaone Moeng, sê sommige van die paaie wat vroeër gesluit is weens waterskade is weer oopgestel vir verkeer. 


Ander paaie wat ook beskadig is, is steeds onrybaar en word deur verkeersbeamptes gemonitor.


Die N12 by Wolmaransstad is weer oopgestel.


OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.