On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

'Daar ís begroot vir kontrakteurs en diensverskaffers van Mangaung-metro'

───   CATHY DLODLO 11:26 Thu, 23 Feb 2017

'Daar ís begroot vir kontrakteurs en diensverskaffers van Mangaung-metro' | News Article

Bloemfontein - Die Mangaung-metro sal die nodige dissiplinêre stappe doen teen 'n amptenaar van die metro wat sekere kontrakteurs en diensverskaffers per brief ingelig het dat hulle dienste gestaak word weens geldelike tekorte.


Die Uitvoerende Burgemeester, Olly Mlamleli, sê 'n afdelingsbestuurder het kontrakteurs en konsultante van die metro in onder meer waterbewaring se dienste gekanselleer sonder dat senior bestuur daarvan bewus was en hul goedkeuring gegee het. 


Mlamleli sê dié amptenaar het dit laat blyk dat daar nie geld beskikbaar is om die diensverskaffers te betaal nie, terwyl daar vir dié dienste begroot is.  


Mlamleli sê wangedrag van die aard gaan nie geduld word nie en streng stappe sal teen die amptenaar gedoen word.


OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.