On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

National

Chris Hani-moordenaars in hospitaal opgeneem

───   13:22 Thu, 27 Feb 2014

Chris Hani-moordenaars in hospitaal opgeneem | News Article
Pretoria - Clive Derby-Lewis (78) en Janusz Walus, wat Woensdag in die Pretoria Sentraal-gevangenis met 'n skerpgemaakte kombuislepel aangeval is, sterk in die Pretoria Akademiese hospitaal aan.

Marius Coertze, Derby-Lewis se regsverteenwoordiger, het Donderdag aan Maroela Media gesê Derby-Lewis en Walus se lewens is nie in gevaar nie. “Derby-Lewis het ? steekwond aan sy kop opgedoen en twee op sy arm. Sy linkerarm is ook in die voorval gebreek. Hy moes 18 steke kry om sy wonde te heg,” het Coertze gesê.

Hy sê Walus het 'n steekwond aan sy kop opgedoen. Hy sê hulle is ná die aanval deur 'n verpleegster behandel en is laat Woensdagmiddag na die hospitaal oorgeplaas vir verdere behandeling en waarneming.

“Dit wil voorkom of net een persoon in die aanval betrokke was. Die motief vir die aanval is nog onbekend. Die polisie is besig om die voorval te ondersoek.”

Coertze het gesê sy praktyk is besig met voorbereidings vir Derby-Lewis se derde paroolaansoek wat hulle beplan om vroeg in April by die hooggeregshof in Pretoria in te handig. “Hy word volgende jaar in Januarie 79 jaar oud. Hy het al amper 20 jaar en ses maande van sy 25 jaar vonnis uitgedien, ons hoop dat hy dié keer gaan parool gaan kry,” het hy gesê.

Derby-Lewis is tot 25 jaar tronkstraf gevonnis vir sy rol in die moord op die anti-apartheidsvegter, Chris Hani op 10 April 1993. Hy het 'n vuurwapen gereël vir Walus, wat tans dieselfde vonnis uitdien. Altwee is aanvanklik doodstraf opgelê, maar dit is tot lewenslange tronkstraf verander toe die doodstraf in 1995 in Suid-Afrika afgeskaf is.

Derby-Lewis het glo kanker en het in 2011 en 2012 aansoek gedoen vir mediese parool, maar dit is afgekeur. - Maroela Media

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.