On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

National

Motsoeneng se regspan wag op SAUK vir volgende stap

───   07:26 Sat, 28 Nov 2015

Motsoeneng se regspan wag op SAUK vir volgende stap | News Article

Kaapstad - Die bedryfshoof van die SAUK, Hlaudi Motsoeneng, se regspan sê hulle sal wag vir die openbare uitsaaier se bestuur om 'n besluit te neem oor 'n hofbeslissing voordat hulle oor die volgende stap sal besluit.


Die SAUK berig regter Dennis Davis van die Wes-Kaapse Hooggeregshof het vroeër Motsoeneng se permanente aanstelling van verlede jaar ter syde gestel, en gesê dit was onwettig en irrasioneel.

Die DA het om 'n dringende tussentydse interdik aansoek gedoen, hangende 'n hersiening van die besluit om hom aan te stel.

Intussen het die SAUK en die Minister van Kommunikasie, Faith Muthambi, vroeër bevestig dat hulle gaan appelleer teen die hofuitspraak.

Muthambi se regsverteenwoordiger, Dan Mantsha, sê die uitspraak is gegrond op die feit dat die regter gebonde was aan die uitspraak van die Appèlhof wat bevind het dat die Openbare Beskermer se verslag bindend op die SAUK is. Die minister stem nie daarmee saam nie.

SAUK

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.