On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

National

Kenner meen Zuma gaan nie hof toe

───   09:10 Sat, 30 Apr 2016

Kenner meen Zuma gaan nie hof toe | News Article
President Jacob Zuma (Gallo)

Pretoria - President Jacob Zuma kan moontlik aansoek doen om 'n staking van vervolging vanweë die misbruik van prosesse deur die Nasionale Vervolgingsgesag.

Dis volgens 'n regskenner, Paul Ngobeni. Hy het gereageer op die Hooggeregshof in Pretoria se uitspraak dat die NVG se besluit in 2009 om die meer as 700 aanklagte teen President Zuma te laat vaar, ter syde gestel word.

Die hof het die destydse NVG-hoof, Mokotedi Mpshe se besluit as irrasioneel bestempel en gesê Mpshe het sy ampseed om onafhanklik op te tree, geignoreer.

Ngobeni het aan die SAUK gesê die beslissing het nie oor die president gehandel nie, maar oor die misbruik van vervolgingsprosesse.

Hy sê dit is moontlik dat die president nooit in die hof sal hoef te verskyn nie. Die NVG het in reaksie op gister se hofbeslissing gesê hy sal die uitspraak bestudeer.

Opposisiepartye het weer gesê Zuma moet bedank, terwyl die ANC volhou dat die president op geen aanklag skuldig bevind is nie.

SAUK

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.