On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

National

EFF het nie die kapasiteit om verkiesingsmanifes beloftes na te kom

───   08:42 Sun, 01 May 2016

EFF het nie die kapasiteit om verkiesingsmanifes beloftes na te kom | News Article

Durban - 'n Politieke ontleder, Thabani Khumalo, meen die EFF het nie die kapasiteit om die beloftes in hul verkiesingsmanifes na te kom nie.


Leier Julius Malema het gister aan 'n stampvol Orlandostadion in Soweto, Johannesburg verskeie ingrypende maatreëls bekendgestel om die land beter te regeer.

Khumalo het aan ECR Newswatch vertel dat hoewel daar dalk 'n kapasiteitsprobleem mag wees, die party veral daarin slaag om die kwessies van die mense aan te raak en goed op voetsoolvlak te kommunikeer.

Die EFF het homself verbind tot skoon regering indien hy aan bewind sou kom. Hy sal onder meer die tenderstelsel afskaf en die gebruik van konsultante opskort.

Malema, het onderneem om raadslede te ontplooi op grond van hulle vermoë om hulle pligte uit te voer eerder as hulle lojaliteit aan die party.

ECR Newswatch/ANA


Podcasts

Politieke ontleder, Thabani Khumalo:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.