On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

National

'Zuma sal bly' - ANC

───   09:32 Sun, 01 May 2016

'Zuma sal bly' - ANC | News Article

Johannesburg - Die ANC het weer oproepe van opposisiepartye verwerp om die herroeping van president Jacob Zuma.


Die SAUK berig die party se adjunk-sekretaris-generaal, Jessie Duarte, het die party se standpunt herhaal dat Zuma onskuldig is totdat hy skuldig bewys word.

Duarte sê die enigste instansie wat kan besluit oor die herinstelling van aanklagte teen die president is die Nasionale Vervolgingsgesag - en nie die opposisie nie.

Sy sê die ANC gaan voort met sy verkiesingsveldtog en die president sal die veldtog lei.

Duarte meen indien die NVG besluit om Zuma te vervolg, tree hy binne sy mandaat op.

Die hooggeregshof in Pretoria het Vrydag die NVG se besluit in 2009 om korrupsieaanklagte teen Zuma te laat vaar, ter syde gestel.

Intussen is oproepe herhaal dat die president uit sy pos verwyder moet word.

Dié hofuitspraak volg kort op die Konstitusionele Hof se bevinding dat die president versuim het om die grondwet te gehoorsaam en te handhaaf in sy hantering van die Nkandla-kwessie.

SAUK

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.