On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

National

Brand by Eskom-kragstasie in Welkom geblus

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:15 Wed, 29 Jun 2016

Brand by Eskom-kragstasie in Welkom geblus | News Article
Verskaf

Welkom - ‘n Brand wat vanoggend by ‘n subkragstasie tussen Welkom en Virginia in die Vrystaat uitgebreek het, is sowat twee uur gelede onder beheer gebring.

Die  Matjhabeng-munisipaliteit se assistent-hoofbrandweerbeampte, Francois Klaassen, sê die vlamme is kort voor 10:00 geblus. 

Lede van die brandweer is in die proses om water op die transformator wat gebrand het te spuit as deel van die afkoelingsprosedure. 

Klaassen sê dit is nog onduidelik wat die brand veroorsaak het, maar daar word vermoed dat ‘n kortsluiting by die transformator ‘n ontploffing veroorsaak het wat daartoe gelei het dat 20 000 liter olie in die transformator aan die brand geslaan het. 

Hy sê die brandweer is vanoggend omstreeks 06:30 ontbied na die substasie wat elektrisiteit aan die hele Virginia verskaf. 

Meer as 20 lede van die brandweer het gesukkel om die vlamme te blus, omdat daar nie genoegsame beskikbare water by die substasie beskikbaar was nie. Brandweerwaens met watertenks moes verskeie kere in Welkom gaan volmaak. ‘n Private maatskappy van Welkom, wat water in 20 000 liter tenks kan vervoer, het later kom help. 

Niemand is in die brand beseer nie.  

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.