On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

National

Meer as 40 000 aansoeke vir Lesotho-permitte reeds ontvang

───   CATHY DLODLO 15:06 Wed, 29 Jun 2016

Meer as 40 000 aansoeke vir Lesotho-permitte reeds ontvang | News Article

Bloemfontein - Die departement van binnelandse sake het teen Maandag reeds 40 000 aansoeke vir die spesiale Lesotho-permitte ontvang.


Dit terwyl die departement gister genoop is om die sluitingsdatum vir aansoeke – wat oorspronklik môre sou wees – uit te stel. 

Die minister van binnelandse sake, Malusi Gigaba, sê hy het besluit om aan die versoek vir uitstel van die Lesotho-regering te voldoen nadat sy eweknie oorval is met aansoeke vir identifikasiedokumente. Dié dokumente is nodig as deel van Lesotho-burgers se aansoek, wat voor 30 September verlede jaar onwettig in Suid-Afrika gewerk of gebly het. 

Aanvanklik is die verwagte aansoeke op 40 000 tot 50 000 geskat, maar dié skatting blyk nou baie laag te wees. 

Intussen het die Lesotho-regering aangekondig dat amptenare ook by grensposte en ander strategiese plekke ontplooi sal word om aansoeke vir ID-boekies op Saterdae en Sondae te ontvang.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.