On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

National

Veiligheid van minibus-taxi's onder die loep

───   CATHY DLODLO 14:45 Thu, 30 Jun 2016

Veiligheid van minibus-taxi's onder die loep | News Article
Gallo Images

Kaapstad - Die veiligheid van minibus-taxi's het vandeesweek onder die loep gekom tydens die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, se openbare verhoor oor die beweerde onveilige taxi's op Suid-Afrika se paaie.

Dit is deel van die regering se multimiljoen rand taxi-herkapitaliseringsprogram. 

Verskeie voorleggings het daarop gedui dat dié taxi's onwettig aangepas is en onveilig vir die vervoer van mense is.  

In antwoord op ‘n geskrewe vraag in die Parlement het die nasionale Departement van Vervoer aangedui dat daar nie statistieke beskikbaar is oor hoeveel van dié onwettig aangepaste taxi's in ongelukke betrokke was nie. 

Dit het wel aangedui dat meer as 64 000 onpadwaardige minibus-taxi's tot en met die einde van Maart vanjaar as deel van die taxi-herkapitaliseringsprogram geskrap is. 

Madonsela sê sy gaan na verwagting binne twee maande ‘n verslag hieroor bekend maak.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.