On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

National

Standard Bank: Ondersoek na OTM-bedrog in Japan in gevorderde stadium

───   14:50 Thu, 30 Jun 2016

Standard Bank: Ondersoek na OTM-bedrog in Japan in gevorderde stadium | News Article

Johannesburg - Standard Bank sê 'n ondersoek na R300 miljoen se OTM-bedrog wat in Japan gepleeg is, is in 'n "sensitiewe en gevorderde" stadium.

In Mei het ongeveer 100 persone na bewering vervalsde Standard Bank-kredietkaarte gebruik om sowat 1.8 biljoen yen uit 1 400 OTM's in Tokyo en ander gebiede in Japan te onttrek. 

Standard Bank het die voorval bevestig en het na raming sowat R300 miljoen verloor. 

'n Berig in die Japan News hierdie week het die misdaad aan kuberkrakery verbind, waar 'n rekenaarstelsel, wat aan Standard Bank Suid-Afrika behoort het, deur rekenaarmisdadigers binnegedring is. 

'n Woordvoerder van die bank, Ross Linstrom, het vandag aan die media gesê Standard Bank werk saam met plaaslike en internasionale owerhede om die misdadigers vas te trek.  

Linstrom het ook weer bevestig dat geen kliënt geld weens die misdaad in Japan verloor het nie.

News24

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.