On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

National

Dissiplinêre verhoor van drie senior SABC-joernaliste begin vandag

───   05:54 Fri, 01 Jul 2016

Dissiplinêre verhoor van drie senior SABC-joernaliste begin vandag | News Article

Johannesburg - Die dissiplinêre verhoor van drie SABC-joernaliste, wat aangekla word van skakeling met die media sonder toestemming, sal vandag begin.

Die senior personeellede, Busisiwe Ntuli, Krivani Pillay en Jacques Steenkamp, is gister aangekla.  Hannes du Buisson, woordvoerder media-vakbond BEMAWU sê hulle staan die aanklagte tee.

"Dis die eerste keer ooit dat ons 'n aanklagtestaat ontvang het dat die verhoor binne 24 uur geskeduleer word. Dit word normaalweg binne drie dae of selfs meer gereël.  So dis duidelik dat hier iets snaaks aan die gang is.  Hierdie verhore is duidelik gereël om dit vir die betrokke partye so moeilik as moontlik te maak."

Algoa FM


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.