On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

National

SA bevolking groei tot 55,7 miljoen

───   07:05 Fri, 01 Jul 2016

SA bevolking groei tot 55,7 miljoen | News Article
Gallo Images

Pretoria - Suid-Afrika se bevolking het in 2016 tot 55,7 miljoen mense gegroei.

Dit volgens die Statistikus-Generaal Pali Lehohla wat gisteraand die uitslag van vanjaar se gemeenskapsopname aan die Minister Jeff Radebe, hoof van die nasionale beplanningskommissie oorhandig het.  

Lehohla sê die bevolking het met meer as 3 miljoen mense sedert die laaste bevolkingsensus in 2011 gegroei.  Die meeste Suid-Afrikaners - 13.4 miljoen - bly in Gauteng, gevolg deur KwaZulu-Natal met 11 miljoen en die Oos-Kaap met 7 miljoen.  Die Noord-Kaap bly steeds die provinsie met die laagste bevolkingsyfers - slegs 1.2 miljoen inwoners.

Maryke Vermaak/Jacaranda FM



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.