On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

National

SANEF stuur Swart Vrydag-protesaksie van stapel

───   09:26 Fri, 01 Jul 2016

SANEF stuur Swart Vrydag-protesaksie van stapel | News Article

Johannesburg - Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) het 'n beroep op alle joernaliste gedoen om vandag swart te dra en die Swart Vrydag-protesaksie teen die SABC te ondersteun.

Die SABC is tans in omstredenheid gedompel nadat besluit is om sekere nuusinhoud te sensor. 

Sanef is een van vele bekommerde organisasies wat die heraanstelling van al die geskorsde joernaliste eis en ook dat die openbare uitsaaier hulle redaksionele beleid hersien. 

Verskeie joernaliste is deur die SABC geskors omdat hulle beswaar teen die nuwe redaksionele beleide, wat as sensorskap beskryf word, aangeteken het. 

Waarnemende hoof-uitvoerende beampte Jimi Matthews het bedank in verset teen die nuwe ontwikkelinge by die SABC, wat hy as "verkeerd" beskryf het. 

Die Save Our SABC-koalisie gaan vandag buite SABC-geboue in Seepunt in Kaapstad en Auckland Park in Johanneburg betoog.

African News Agency

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.