On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

National

Arbitrasie tussen Eskom en vakbonde gaan voort

───   10:12 Sat, 30 Jul 2016

Arbitrasie tussen Eskom en vakbonde gaan voort  | News Article
NUM-lede tydens 'n vorige staking (Gallo Images)

Johannesburg - Arbitrasie tussen die kragverskaffer Eskom en vakbonde sal aanstaande week voortgaan.


Dit nadat die mynwerkersvakbond, die NUM, aangekondig het sy lede gaan op 8 Augustus begin staak. 

Die NUM eis 'n verhoging van 13% vir die laags besoldigde werkers en 12% vir ander werkers. 

Eskom bied 7% aan. 

Eskom se woordvoerder, Khulu Phasiwe, het intussen 'n beroep op werkers gedoen om nie te staak nie. Hy sê werkers by Eskom lewer 'n noodsaaklike diens en 'n staking sal dus onwettig wees. 

Die hoofsekretaris van die vakbond, David Sipunzi, het aan die SAUK gesê die vakbond se 15 000 lede wat by Eskom werk, het die reg om te staak.


SABC

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.