On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

National

Rohde bly vir eers agter tralies

───   15:06 Thu, 25 Aug 2016

Rohde bly vir eers agter tralies | News Article
Jason Rohde/Twitter

Stellenbosch - Die uitvoerende hoof van Sotheby’s International Realty, Jason Rohde, sal vannag weer agter tralies deurbring.


Hy het vanoggend in die Stellenbosch-landdroshof verskyn op 'n aanklag van moord op sy vrou Susan en regsverydeling. 

Rohde het te midde van flitsende mediakameras in die landdroshof in Stellenbosch verskyn, nadat hy twee dae gelede by sy huis in Bryanston, Johannesburg, in hegtenis geneem is. 

Daar is aanvanklik vermoed dat Susan haar eie lewe geneem het in hul badkamer op die Spier-landgoed buite Stellenbosch, maar 'n nadoodse ondersoek het aangedui dat sy vermoor is. 

Rohde se regsverteenwoordiger, Pete Mihalik, het vanoggend gesê dat hy sonder 'n lasbrief, en dus wederregtelik in hegtenis geneem is. Hy het aangedui dat Rohde R30 miljoen sterk is en die betaling van borgtog dus nie 'n probleem sal wees nie. 

Die saak hervat môre-oggend, wanneer die Staat na verwagting die ondersoekbeampte gaan roep om te kom getuig.  

Twitter, News24.com


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.