On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

National

Rohde se borgtogaansoek hervat Dinsdag

───   15:29 Fri, 26 Aug 2016

Rohde se borgtogaansoek hervat Dinsdag | News Article
Jason Rohde/Twitter

Stellenbosch - Die Johannesburgse sakeman wat aangekla is van sy vrou se moord, se borgtogaansoek in die Stellenbosch-landdroshof hervat Dinsdag.


Jason Rohde bly tot dan in aanhouding, waarskynlik in die dorp se polisieselle waar hy reeds sedert Woensdagoggend is. Susan Rohde se opgehangde lyk is op 24 Julie in die paartjie se Spier-landgoedhotelkamer se badkamer gekry. Selfdood is aanvanklik vermoed, maar ná 'n lykskouing deur 'n staatspatoloog is 'n moorddossier geopen. 

Rohde se regsverteenwoordiger het aan die hof gesê dat 'n forensiese verslag deur 'n private patoloog wys dat Susan nie verwurg is nie. 

Daar is ook verwys na 'n verslag van 'n huweliksberader waarin gesê word dat Susan selfmoordneigings getoon het.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.