National
Hlaudi Motsoeneng sal as "gewone" werknemer vir werk aanmeld─── 06:04 Tue, 20 Sep 2016
Johannesburg - SABC hoof-uitvoerende beampte Hlaudi Motsoeneng sal vanoggend as 'n gewone werknemer vir werk aanmeld.
Dit is volgens sy regsverteenwoordiger, Zola Majavu.
Die Appèlhof het gister Motsoeneng se aansoek tot appèl teen 'n Hooggeregshof-beslissing, wat sy permanente aanstelling tersyde stel, van die hand gewys.
Majavu sê Motsoeneng se aansoek tot appèl hou verband met sy afdanking as hoof-uitvoerende beampte, maar hy is egter steeds 'n voltydse werknemer van die openbare uitsaaier.
Majavu sê dit is die verantwoordelikheid van die SABC om te besluit in watter kapasiteit Motsoeneng nou sal werk.
Intussen sê 'n SABC-woordvoerder, Kaiser Kganyago, dat hulle eers die uitspraak moet bestudeer voordat hulle daarop kommentaar kan lewer. Hy sê die uitspraak beïnvloed nie net Motsoeneng nie, maar die hele SABC.