On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

National

Zuma kry nóg meer sekuriteit

───   09:38 Sun, 23 Oct 2016

Zuma kry nóg meer sekuriteit  | News Article
President Jacob Zuma (Gallo)

Pretoria - President Jacob Zuma word na wat berig word nou deur die polisie se spesialis taakmag-eenheid én swaar gewapende weermagsoldate opgepas, ’n aanduiding dat sy beskermers meer bekommerd raak oor sy veiligheid.


Rapport berig die bykomende wagte beteken dat Zuma se motorgevolg nou gereeld uit meer as 20 voertuie en motorfietse bestaan. Dit sluit in ’n mediese bussie en ’n aparte voertuig vir Zuma se militêre dokter en is baie meer as wat vir enige staatshoof vóór hom nodig was. 

Volgens die Sondagkoerant se inligting was daar sowat twee maande gelede ’n vergadering by die Waterkloof-lugmagbasis waar die nuwe verskerpte veiligheidsmaatreëls vir die president bespreek is. 

Weermagwoordvoerder Xolani Mabanga het op navrae van die koerant gereageer deur te sê die weermag gaan nie Zuma se veiligheidsmaatreëls met die media bespreek nie.

Netwerk24

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.