On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

National

Johannesburg-polisie lê beslag op R22 miljoen se sigarette

───   15:46 Wed, 15 Feb 2017

Johannesburg-polisie lê beslag op R22 miljoen se sigarette | News Article

Johannesburg - Polisie in Johannesburg het gister beslag op sigarette met 'n geskatte waarde van R22 miljoen gelê.

Dit volg nadat beamptes van die Johannesburg Metropolisie en SAPS 'n wenk gekry het dat 'n verdagte vrag sigarette by 'n stoorkamer in Fortune-straat, City Deep afgelaai word. 

Die polisiebeamptes het 10 mans onverwags betrap terwyl hulle besig was om die vrag af te laai van 'n vragmotor wat op die N3, naby Heidelberg, gekaap is. 

Die mans het te voet gevlug, maar twee verdagtes is op die toneel in hegtenis geneem. 

Polisiewoordvoerder, Michael Sun, sê die kaping van handelsgoedere met 'n hoë waarde is 'n beplande sindikaatsmisdaad, wat 'n string kriminele aktiwiteite, soos die stoor, vervoer en herverkoop van gesteelde goedere, asook geldwassery, behels. 

Sun sê die geld wat op hierdie manier gemaak word, word dikwels gebruik om verdere misdaad te befonds.

News24


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.