National
Durban-metaangasslagoffers ontslaan─── 08:43 Sun, 19 Feb 2017
Durban - Drie-en-twintig weermaglede wat behandel is vir metaangas-inaseming by die Durbanse vlootbasis is uit die hospitaal ontslaan.
Ses mense, insluitend drie weermaglede en drie kontrakteurs van die departement openbare werke, is dood toe hulle Vrydag in 'n afvoergat deur die gas oorval is.
Die weermaglede was 41-jarige Amrithlall Ramdin, 26-jarige Francois Mundel en 21-jarige Henro Ter Borg.
Hulle het gesterf toe hulle probeer het om die werkers te red. Weermagwoordvoerder Mafi Mgobozi sê een weermaglid is steeds in die hospitaal.
Hy voeg by dat die gebied rondom die gaslekkasie weer oopgestel is.
East Coast Radio Newswatch
Weermagwoordervoerder Mafi Mgobozi :