On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Droogte se gevolge kring verder uit

───   DANE BEISHEIM 11:42 Fri, 05 Feb 2016

Droogte se gevolge kring verder uit | News Article
Sabrina Dean/OFM-nuus

Potchefstroom - Landbou-, kommersiële- en selfs die verbruikersektor sal ten spyte van welkome reën die afgelope paar weke oor groot dele van Suid-Afrika vir lank nog die uitwerking van die huidige droogte aan hul sakke voel.


Dit is volgens ’n landbou-ekonoom verbonde aan die Skool vir Ekonomie aan die NWU, David Spies.

Een van die uitwerkings van die droogte is dat weiding, veral by gemeenskaplike boerderypraktyke waar afgeskorte kampe ’n rare verskynsel is, oorbewei en uiteindelik baie vinnig uitgeput word. Nog ’n uitvloeisel hiervan is dat boere van diere moet ontslae raak en sodoende word markte deur ’n ooraanbod van vee beïnvloed, wat eenheidspryse vir produsente geweldig afdruk. Kleiner produsente, wat nie hierdie aanslag kan absorbeer nie, word geforseer om die mark te verlaat.

Boere sal volgens Spies behoorlik moet beplan vir die komende winter.

“Boere sal moet kyk wat is beskikbaar daar buite, hoe lyk hul gras, en wat is die weidingskapasiteit sodat hulle daarvolgens kan beplan.” 

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.