On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan Anny
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Boere afhanklik van goed ingeligte besluite

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:30 Fri, 08 Jul 2016

Boere afhanklik van goed ingeligte besluite | News Article

Wepener - Boere moet ten alle tye goed ingeligte besluite kan neem te midde van die politieke en ekonomiese onsekerhede in Suid-Afrika.


Goeie besluitneming is nodig sodat die landboubedryf volhoubaar kan wees. Die voorsitter van die Wepener-landbouvereniging, Johan Opperman, sê boere maak staat op eerstehandse inligting van kundiges om goeie besluite te neem oor of hulle kan voortgaan met produksie op hul plase en sodoende ‘n bydrae tot verhoogde voedselsekerheid in die land kan lewer. 

Opperman sê juis hierom bied die landbouvereniging volgende week ‘n inligtingsdag vir sy lede en ander belanghebbendes aan waar kundiges gaan praat.

Hy sê droogtetoestande eis sy tol op boere en in die politieke en ekonomiese onsekere tye is boere negatief, soos baie Suid-Afrikaners. Inligtingsdae is nodig om gesindhede te verander en dat boere positiewe besluite neem. 

Hy sê goed ingeligte besluitneming is nodig sodat boere op hul plase bly en werksgeleenthede vir mense gee.

Die inligtingsdag vind Dinsdag, 12 Julie, op die dorp plaas. Die gassprekers is Frans Cronjé van die Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) en die ekonoom Dawie Roodt van die Efficient Group.

Dit begin om 16:00 in die Wepener-landbousaal.


OFM-nuus


Podcasts

Boere benodig goeie inligting vir besluitneming:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.