On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Off-Beat-News

Vermeende pizzadief val vas

───   10:24 Sat, 03 Dec 2016

Vermeende pizzadief val vas | News Article

'n Vermeende inbreker se oë was seker selfs groter as sy maag toe hy op heterdaad betrap is waar hy in 'n ventilasiegat van 'n pizzarestaurant vasgesit het.


Associated Press berig die 53-jarige verdagte moes gister uit die skag in Rochester, New York, bevry word. 

Verbygangers het iemand in die vroeë oggendure om hulp hoor roep en die man in die skag aangetref. 

Hy is aangekla van inbraak en saakbeskadiging nadat meer as $2000 se skade aan die restaurant aangerig is om hom te bevry. 

Die verdagte is in aanhouding omdat hy blykbaar 'n gewoontemisdadiger is.

AP


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.