On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Off-Beat-News

Toerisme blom weer in Melania Trump se geboortedorp

───   09:19 Sun, 22 Jan 2017

Toerisme blom weer in Melania Trump se geboortedorp  | News Article
Melania Trump

Toerismesyfers het verdubbel oor die afgelope jaar in die geboorte dorp van die Amerikaanse ‘Eerste Vrou’, Melania Trump, in Slowenië.


Reuters berig ‘n toergids van die dorp Sevnica sê dat belangstelling in die dorp toegeneem het namate die verkiesingveldtog van haar man Donald Trump opgebou het.

Syfers is egter nie beskikbaar nie. 

Die dorp was onvoorbereid vir die skielike belangstelling, maar het vinnig aangepas en verwag verdere groei in toerismesyfers. 

Tydens die inswering van die Donald Trump as die 45ste Amerikaanse President het die munisipaliteit joernaliste en toeriste genooi om aan die plaaslike feesverrigtinge deel te neem. 

“First Lady” appeltert, Melania-koeke, Melania-pannekoeke en Presidensiële burgers is tans baie gewilde items by die plaaslike bakker, restourante en kafees en verkoop soos soetkoek. 

Melania se geboortedorp is geleë in suidoos Slowenië, op die oewers van die Sava-rivier, en is omring deur woudbedekte heuwels. 

Die nuwe Amerikaanse ‘Eerste Vrou’ is hier gebore in 1970 en het ‘n groot deel van haar jeug hier deurgebring toe Slowenië nog deel was van Joegoslawië.

Reuters

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.