On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Other News

Groot name vir O.R. Tambo Marathon bevestig

───   MORGAN PIEK 14:49 Thu, 14 Apr 2016

Groot name vir O.R. Tambo Marathon bevestig | News Article
Michael Papi Mazibuko, Hendrick Ramaala en Shadrack Kemboi (Kenya) - Roger Sedres

Van die grootste padwedloop-name sal eerskomende Saterdag deelneem aan die eerste O.R. Tambo Vrystaat Marathon wat in Bloemfontein plaasvind.


Dit is volgens die departementshoof van die Vrystaatse Departement van Sport, Ontspanning, Kuns en Kultuur, Tsoarelo Malakoane.

Die marathon waarborg prysgeld aan die mans- en vrouewenner van die 42.2km volle marathon van R350 000 elk, maar hulle sal egter ‘n opkikkertoets moet ondergaan.

Dit geld vir al die prysgeldwenners van die volle en halfmarathon, asook die 10km-padwedloop.

Malakoane het aan OFM Sport gesê hulle is tevrede met die inskywings wat vandag sluit, aangesien dit die eerste byeenkoms van die aard is.

Malakoane het ook bevestig dat name soos Gert Thys, Vusi Nhlapo en Michael Mazibuko Saterdag onder die deelnemers sal wees.

In die vroue-padwedloop sal alle oë op die Vrystaatrekordhouer, Paulina Njeya, gerig wees.

Russiese asook Chinese atlete het belang gestel in die padwedloop, maar kon egter nie betyds visums bekom nie.

Die padwedloop begin Saterdagoggend om 05:30 by die Vrystaat Instituut vir Sportwetenskap.

Morgan Piek/OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.