On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Other News

Mostert benoem as speler van die jaar in Engeland

───   MORGAN PIEK 08:50 Wed, 20 Apr 2016

Mostert benoem as speler van die jaar in Engeland | News Article
Karla Mostert - Gallo

Die Proteas en Vrystaat Crinum netbalspeler, Karla Mostert, is Dinsdag een van die spelers wat as die Sky Sports Netbalspeler van die Jaar in Engeland benoem is.

Dié speler, wat al telkemale die Proteas asook die Universiteit van die Vrystaat Kovsies op die netbalbaan verteenwordig het, speel tans vir die Engelse Premierligaspan, Bath.

Verlede jaar is sy as die speler van die toernooi aangewys toe die Crinums die Bruital Fruit-netballiga gewen het.

Sy het ook al vir Suid-Afrika verteenwoordig tydens die 2014 Statebond Spele in Glasgow, asook verlede jaar se Netbal- Wêreldbeker in Australië.

Mostert het vroeër vandag vir OFM Sport vanuit England gesê dat dit ‘n groot eer is om benoem te word.

“Toe hulle dit gister aangekondig het, het dit nogal na my gekom as ‘n groot verrassing.

“Dis ‘n groot voorreg en ek is baie dankbaar daarvoor.

“Ek dink van die begin af toe ek en Lenize (Potgieter) oorgekom het, was dit nie dat ons onself verteenwoording nie, maar ons land.

“Om die Suid-Afrikaanse vlag hoog te kan waai kan ‘n mens net dankie voor sê.

Dié benoeming kan daartoe lei dat ander Protea-spelers oorsee gekontrateer word, maar Mostert is van mening dat netbal in Suid-Afrika so vinnig verbeter dat dit in toekoms nie nodig sal wees nie.

“Ons is ‘n span om mee te reken. Ons het dit in die 2011 Wêreldbeker en verlede jaar se Wêreldbeker bewys - dat ons nie sommer net enige span is nie.

“Hulle gaan al hoe meer daarna begin kyk om Suid-Afrikaners te kry, maar in dieselfde asem gesê - vandat ek en Lenize in hierdie struktuur is, kan ons sien hoe hulle dinge doen en ons is regtig besig om vorentoe te beweeg.

“Veral met die Bruital Fruit Premierliga, dit is regtig besig om te groei.

“Ek het geen twyfel dat dit oor ‘n paar jaar in dieselfde klas as die Engelse liga gaan wees nie.”

Die ander spelers wat vir die eerbewysbenoem is, is Ama Agbeze van Loughborough Lightning, Sara Bayman van Manchester Thunder, Sophia Candappa van Surrey Storm en Sammy Wallace van die Hertfordshire Mavericks.

Om vir Mostert te stem kliek op dié skakel:

http://www.skysports.com/netball/news/12415/10248613/vote-for-sky-sports-vitality-superleague-player-of-the-season


Morgan Piek/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.