On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Other News

Alle oë op Van Niekerk

───   MORGAN PIEK 08:14 Fri, 06 May 2016

Alle oë op Van Niekerk | News Article
Wayde van Niekerk

Alle oë sal die naweek op die 400m-wêreldkampioen, Wayde van Niekerk, gerig wees tydens die Suid-Afrikaanse Ope-kampioenskap in Bloemfontein.


Dit sal die laaste keer dié seisoen wees dat Van Niekerk in Suid-Afrika in aksie sal wees voordat hy oorsee gaan deelneem voor die Olimpiese Spele in Rio de Janerio.

In Maart vanjaar het Van Niekerk die eerste keer in sy loopbaan vinniger as 10 sekondes in die 100m gehardloop toe hy die afstand in 9.98 sekondes gewen het.

Hy sal nie die naweek aan die 100m en 200m deelneem nie, slegs aan die 400m.

Kenners is van mening dat hy die naweek sy Suid-Afrikaanse rekord van 43.48 sekonds kan verbeter.

Hy het verlede jaar die rekord behaal toe hy die Wêreldkampioenskap in Beijing gewen het.

Die mans 400m-uitdunne vind vanoggend om 10:10 by die Vrystaat Atlektiek-stadion plaas, met die halfeindronde vanmiddag om 17:10.

Die finaal is môremiddag om 13:15.

Morgan Piek/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.