On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Other News

Crinums se visier op derde titel

───   MORGAN PIEK 14:25 Fri, 27 May 2016

Crinums se visier op derde titel | News Article
Maryka Holthauzen

Die Vrystaat Crinums se visier is op ‘n derde agtereenvolgende titel in die Brutal Fruit Netbal Premierliga gerig.

 

Die span pak vanaand hul groot teenstanders, die Noord-Wes Flames, in die eerste eindstryd van die kompetsie, met die twee spanne wat om 18:00 kragte in Durban meet.

Die tweede halfeindstryd, wat om 20:00 begin, sal na verwagting net so opwindend wees wanneer die Noord-Gauteng Jaguars en Southern Strings sake uitspook.

Die Flames en Stings het aanvanklik die pas aangegee in die reeks, maar die Crinums en Jaguars het teen die einde van die groepfase hul voete gevind.

Die Crinums en Jaguars het in albei die vorige eindstryde teen mekaar te staan gekom, met die Vrystaaters wat albei keer koning gekraai het.

‘n Volgepakte stadion word by die Olive-konferensiesentrum verwag vir vanaand se halfeindstryde en môre se eindstryd.

Môreaand se eindstryd begin om 20:00.

Morgan Piek/OFM-nuus

- Download the OFM app in the Apple or Android app store to read the latest news/sports stories.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.