On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Other News

Zakarin wen 17de skof in Tour de France

───   MORGAN PIEK 09:22 Thu, 21 Jul 2016

Zakarin wen 17de skof in Tour de France | News Article
Ilnur Zakarin - Chris Graythen

Rusland se Ilnur Zakarin het gister 184.5km van die 17de skof van die Tour de France gewen in ‘n tyd van 4 uur 36 minute en 33 sekondes.


Zakarin het vir Columbia se Jarlinson Pantano met 55 sekondes na die eindstreep geklop, terwyl Pole se Rafael Majka die derde plek beklee het.

Brittanje se Chris Froome was 11de oor die lyn en behou die voorloper se geeltrui met ‘n voorspong van 2 minute 27 sekondes oor Nederland se Bauke Mollema.

Suid-Afrika se Louis Meintjies was 15de in die skof en het na die tiende plek op die algehele klassifisering opgeskuif.

Donderdag se 18de skof is ‘n 17km-tydtoets tussen Sallanches en Megève. Dit is die eerste keer in 12 jaar ‘n opdraende tydtoets.


Morgan Piek/OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.