On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Rugby

Geen plaasvervanger vir geskorsde Schoeman

───   MORGAN PIEK 08:49 Tue, 03 May 2016

Geen plaasvervanger vir geskorsde Schoeman | News Article
Tier Schoeman - Johan Pretorius/ Gallo

Die Toyota Cheetahs wil op die positiewe fokus wanneer hulle Sateroggend hul toer na Australië afsluit teen die Waratahs in Sydney.

Die Cheetahs het die afgelope naweek weer vasgeval met ‘n 30-17 nederlaag teen die Reds in Brisbane.

Breier Franco Smith het vanuit Manley in Sydney gesê wil klem lê op hul werk by die afbreekpunt.

Smith het ook bevestig dat hulle nie ‘n plaasvervanger gaan laat oorstuur vir die Tier Schoeman wie vir ‘n week geskors is.

“Dit is teleurstelend, ek dink Paul (Schoeman) was ongeluking gewees.

“Alhoewel dit ‘n regverdidige beslissing is om vir hom te “cite” is dit jammer want dit was regtig ‘n ongeluk.

“Hy sal die wedtryd teen die Waratahs mis, uit die aard van die saak kan ek hom nie vervang nie.”

Die Cheetahs se teenstanders vir die naweek, die Waratahs, het op hulle beurt in die doodsnikke ‘n drie teen die Stormers gedruk om die manna van die Kaap met 32-30 by Nuweland te troef.

Saterdag se wedstryd by die Allianz-stadion in Sydeny skop om 11:45 af.

Morgan Piek OFM News

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.