On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Rugby

Jordaan reg om teen Leeus ingespan te word

───   MORGAN PIEK 15:35 Tue, 03 May 2016

Jordaan reg om teen Leeus ingespan te word | News Article
Niell Jordaan - Nicolette Taljaard / CMG

Die kookwater agsteman, Niell Jordaan, kan moontlik die naweek sy terugkeer maak tot rugby wanneer die Toyota Vrystaat XV die Goue Leeus die stryd aansê teen in die Provinsiale Beker (Curriebeker kwalifiseerders).

Jordaan is al ‘n geruime tyd op die krukkelys nadat hy ‘n ribbesering opgedoen het teen die Stormers in die Super Rugby.

Met Willie Britz wat by die Super Rugby-span in Australië aangesluit het, gee dit vir Jordaan die geleentheid om die naweek weer te speel.

Vrystaat-breier, MJ Smith, het aan OFM-sport bevestig dat Jordaan beskikbaar is vir die wedstryd.

“Niell Jordaan het herstel van sy besering is beskikbaar vir die naweek, ons is nogal opgewonde oor die spankeuses, maar ja Niell is beskikbaar en ek dit dit sal vir hom nogal ‘n geleentheid wees om te wys hy is reg vir Super Rugby.”

Smith het verder ook gesê met slegs een sege na drie wedstryd is dit belangrik vir die span om weer op die wenpad te kom.

“Ek dink dit is een van ons grootse bekommernisse is om op die wenpad te kom soos jy sê.

“Dit gee selfvertroue en ek dink dit sal ook ‘n lekker positiewe atmosfeer in die groep terug bring.

“Die ouens is baie positief en werk hard, en ons sien baie uit na die wedstryd teen die Leeus.”

Die Vrystaat pak die Leeus Satermiddag by Ellis-park met afskop om 15:00. Intussen meet die Griekwas en Border Bulldogs dieselfde tyd kragte in Kimberley, en die Luiperds kom om 14:30 te staan teen die Boland Kavaliers in Potchefstroom.

Vrydagmiddag is die Griffons in aksie teen die SWD Arende by die Noordwes-stadion in Welkom met afskop om 17:00.

Morgan Piek OFM News

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.