On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Rugby

Cheetahs wil op eie spel fokus

───   MORGAN PIEK 16:16 Wed, 04 May 2016

Cheetahs wil op eie spel fokus | News Article
Nico Lee - Bradley Kanaris

Vaste fasette en beter bal retensie is die aspekte van die spel waarop die Toyota Cheetahs die Saterdag wil fokus wanneer hulle die Waratahs die stryd aansê in die Super Rugby, dit is volgens Springbok-flank Oupa Mohoje.


Dit is die span se laaste wedstryd op toer en na nederlae teen die Melbourne Rebels en Reds wil die span hul toer op ‘n hoë noot afsluit.

Die span het ‘n hupstoot gekry met die nuus dat kaptein, Francois Venter, volkome herstel het van sy kuitbesering en slaggereed is vir die wedstryd.

Mohoje kan ook ‘n beginkans kry nadat Tier Schoeman vir ‘n week geskors is nadat hy vir Hendrik Tui met ‘n stywe arm geloop het.

Mohoje het uit Manly aan OFM-sport gesê die jong Cheetahs-span leer nog uit hul foute.

“Ons is ‘n jong span en ons leer nog. Die toer was nogals moeilik vir ons.

“Ons het in sommige gevalle verloor waar dit ons was wat die foute gemaak het en dis net ons wat dit kan regmaak nie.

“Ons moet saam staan as ‘n span en vorentoe beweeg.

“Hiedie naweek se wedstryd teen die Waraths is ons laaste en hopelik kan ons die toer op ‘n hoë noot afsluit.

Die speler het bygevoeg dat die Waratahs vol selfvertroue sal wees ná hul 32-30 sege oor die Stormers. Die Cheetahs wil egter op hul eie spel fokus.

“Ons besef dat die Waratahs hul laaste wedstryd teen die Stormers gewen het en hulle gaan verseker vol selfvertroue wees.

“Ons moet nie daarop fokus op dit, moet ons fokus op ons uitvoering en ons akkuraatheid.

“As ons dit kan doen as baie goed vir ons in plek val tydens die wedstryd.”

Saterdagoggend se kragmeting by die Allianz-stadion in Sydney skop om 11:45 af.

Morgan Piek OFM News

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.