On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Rugby

Van Vuuren sluit by Bath aan

───   MORGAN PIEK 08:49 Thu, 05 May 2016

Van Vuuren sluit by Bath aan | News Article
Michael van Vuuren - Johan Pretorius / Gallo

Die voormalige Toyota Vrystaat Cheetahs-haker, Michael van Vuuren, sal van volgende seisoen af sy rugby vir die Engelse Premierskap-span, Bath, speel.

Die haker, wat oorspronklik van Oos-Londen in die Oos-Kaap afkomstig is, speel tans sy rugby vir die Leicester Tigers, saam met die voormalige Springbok-kaptein, Jean de Villiers.

Van Vuuren het tussen 2010 en 2012 vir die Cheetahs in 16 Curriebeker-wedstryde uitgedraf, maar kon egter nie die Super Rugby- span haal nie.

Die speler het van die Cheetahs na Frankryk verhuis waar hy 22 keer vir die Franse Top 14-span, Stade Francais, gespeel het.

Van Vuuren het toe teruggekeer na Suid-Afrika waar hy vir die OP Kings gespeel het en een van die eerste spelers geword het om die span te verlaat weens die wanbetaling van spelers.

Hy het al vir die Tigers in drie wedstryde uitgedraf.

Morgan Piek/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.