On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Rugby

Voormalige Streeptruie in Saxons-toerspan

───   MORGAN PIEK 11:17 Tue, 24 May 2016

Voormalige Streeptruie in Saxons-toerspan | News Article
Don Armand - Carl Fourie / Gallo

Die voormalige Stormers en WP losvoorspeler, Don Armand, sal aanstaande maand terug wees in Suid-Afrika, maar die keer egter in ‘n trui van die Engeland se naasbestes, die Saxons.


Die Engelse toer na Suid-Afrika en gaan die Suid-Afrikaanse A span in twee wedstryde die stryd aansê.

Van die 27 spelers wat in die toergroep ingesluit is, het sewe al toetsrugby vir die Rose gespeel.

Hulle sluit in die losskakel, Danny Cipriani, senter Luther Burrell en vleuels Christian Wade en Semesa Rokoduguni.

Voorlangs het stut Kieran Brookes, slot Dave Attwood en flank Matt Kvesic ook almal al vir Engeland uitgedraf.

Suid-Afrika se naasbestes word Saterdagaand ná afloop van die Super Rugby-wedstryd tussen die Stormers en Toyota Cheetahs in Kaapstad saam met Allister Coetzee se Springbokspan aangekondig.

Daar word bespiegel dat Franco Smith die SA A span gaan afrig vir hul wedstryde op 10 en 17 Junie in Bloemfontein en George.

Saxons:

Voorspelers: Don Armand, Dave Attwood, Kieran Brookes, James Chisholm, Jake Cooper-Woolley, James Craig, Charlie Ewels, Dave Ewers, Ross Harrison, Alec Hepburn, Sam Jones, Matthew Kvesic, Mitch Lees, George McGuigan, Tommy Taylor.

Agterspelers: Luther Burrell, Danny Cipriani, Oliver Devoto, Mike Haley, Sam Hill, Sam James, Alex Lewington, Dan Robson, Semesa Rokoduguni, Nick Tompkins, Christian Wade, Michael Young. 

Morgan Piek/OFM-nuus

- Download the OFM app in the Apple or Android app store to read the latest news/sports stories.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.