On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Rugby

Botha begin vir Cheetahs teen Verblitz

───   MORGAN PIEK 08:15 Thu, 21 Jul 2016

Botha begin vir Cheetahs teen Verblitz | News Article
Oupa Mohoje - Johan Pretorius / Gallo

Die nuwe Toyota Cheetah-stut, Tom Botha, sal die naweek sy buiging vir die span maak wanneer hy in die vriendelike wedstryd teen Toyota Verblitz uitdraf.


Botha, wat Maandag vanaf die Kings by die span aangesluit het, begin op vaskopstut in Japan, terwyl Ox Nche op loskop begin.

Armandt Koster en Reniel Hugo begin op slot, terwyl Tienie Burger in die plek van Uzair Cassiem op flank begin.

Maphutha Dolo sal in die plek van Raymond Rhule op vleuel uitdraf en die Sewes Springbok, Rayno Benjamin, speel op buitesenter.

Die span se breier, Franco Smith, het ook nege plaasvervangers vir die wedstryd gekies en dit sluit ook onder meer die twee hakers, Elandré Huggett en Jacques du Toit, in asook losskakel Sias Ebersohn.

Smith het aan OFM-sport vanuit Japan gesê die hitte gaan vir sy span ‘n groot uitdaging wees.

“Die humiditeit is baie hoog en dit is baie warm – dit was by die 30°C hier vandag.

“Die moeilikste gaan wees om die hitte te hanteer en dan dink ons ons omkeertyd is baie kort.

“Die is baie moeilik, ons het laas keer gesien met ons toer na Melbourne toe, dit vat meer as ses dae om regtig op die tydskedule te kom.

“So dit sal nogal ‘n uitdaging wees met almal se slaappatrone.

“Die spelers het baie min geslaap laasnag en dit is moeilik om hulle deur die dag wakker te hou.

“Om te klimatiseer is ons grootste uitdaging, maar maar dit mag nie ons vertoning beïnvloed nie.”

Saterdagoggend se kragmeting tussen Verblitz en die Vrystaat Cheetahs skop om 11:00 af en die wedstryd word uitgesaai.

 

Toyota Cheetahs – 15 Clayton Blommetjies, 14 Sergeal Petersen, 13 Rayno Benjamin, 12 William Small-Smith, 11 Maphutha Dolo, 10 Fred Zeilinga, 9 Shaun Venter, 8 Tier Schoeman, 7 Oupa Mohoje (kaptein), 6 Tienie Burger, 5  Reniel Hugo, 4 Armandt Koster, 3 Tom Botha, 2 Joseph Dweba, 1 Ox Nche. 

Plaasvervangers – 16 Elandré Huggett, 17 Charles Marais, 18 Aranos Coetzee, 19 Carl Wegner, 20 Henco Venter, 21 Uzair Cassiem, 22 Tian Meyer, 23  Michael van der Spuy, 24 Sias Ebersohn, 25 Jacques du Toit.


Morgan Piek/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.