On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Soccer

Cosmos kan moontlik punte in PSL opdok

───   MORGAN PIEK 14:09 Thu, 19 May 2016

Cosmos kan moontlik punte in PSL opdok | News Article
Thabo Modiba - Lefty Shivambu / Gallo

Jomo Cosmos sal later vandag weet wat hul lot ná gisteraand se Premier Sokkerliga-tugverhoor is.

Die span is in die sop nadat die speler, Thabo Modiba, vir hulle gespeel het tydens die seisoen terwyl hy nie behoorlik deur die klub geregistreer was nie.

Jomo Cosmos sal vandag meer oor hul lot hoor, maar dit word beweer hulle sal moontlik 'n stewige boete betaal eerder as dat daar punte by hulle afgetrek word.

Daar word ook bespiegel dat die span hul pleit van onskuldig na skuldig verander het. Indien dit die geval is, sal hulle swaar beboet kan word in plaas daarvan dat punte afgetrek word.

Ezenkosi, Maritzburg United en die Universiteit van Pretoria Tuks veg almal om oorlewing in dié liga.

Cosmos pak Saterdagmiddag om 15:00 vir Maritzburg by Olën-park in Potchefstroom en die verloorder sal gerelegeer word.

Morgan Piek/OFM-nuus

- Download the OFM app in the Apple or Android app store to read the latest news/sports stories.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.