On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Soccer

Bafana gee Swaziland pakslae in Cosafa-beker se halfeindstryd

───   MORGAN PIEK 09:06 Thu, 23 Jun 2016

Bafana gee Swaziland pakslae in Cosafa-beker se halfeindstryd | News Article
Shakes Mashaba - Kickoff

Bafana Bafana sal sake uitspook teen Botswana in die eindstryd van die COSAFA-beker wat in Namibië gespeel word.


Suid-Afrika het tydens gisteraand se eerste halfeindstryd vir Swaziland deeglik laat les opsê nadat hulle hul teenstanders ‘n 5 -1 pakslae gegee het.

Dit nadat Tony Tsabedze vir Swaziland in die 38ste minuut van die kragmeting die voortou gegee het.

Suid-Afrika het al vyf hul doele in die tweede helfte in die Sam Nujoma-stadion aangeteken met Menzi Masuku wat twee doele aangeteken het, terwyl Thabiso Kutumela, Lebogang Phiri en Judas Moseamedi ook die agterkant van die net gevind het.

Die Sebras van Botswana moes op hul beurt vir die Demokratiese Republiek van die Kongo met strafdoele klop.

Botswana het 5-4 met strafdoele gewen nadat die tweede halfeindstryd gelykop was sonder doele ná bykomende speeltyd.

Saterdagaand se eindstryd tussen Suid-Afrika en Botswana in Windhoek skop om 18:00 af.

Morgan Piek/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.