Traffic Alerts
Venesië onder water
16:20 (GMT+2) Mon, 12 Nov 2012
Venesië onder water | News Article
Venesië - Bykans 75 persent van Venesië is oorstroom nadat gure weer oor die noordelike en sentrale deel van Italië getrek en tot die ontruiming van 200 mense uit hulle huise in Toskane gelei het.

Die SAUK berig dat winkels, huise en historiese paleise onder water is. Die owerheid sê 70 persent van die strandmeer is oorstroom.

Toeriste in swemklere het by tafels onder water gesit of in die historiese St Markusplein geswem.

SAUK


Related Articles: