On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

World News

WGO gaan nie vra dat Rio die Spele uitstel

───   09:32 Sat, 28 May 2016

WGO gaan nie vra dat Rio die Spele uitstel | News Article
Die Zika-virus word deur muskiete versprei.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het 'n beroep verwerp om die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro weens die uitbreek van die Zika-virus uit te stel of te skuif.

Sowat 150 vooraanstaande wetenskaplikes het in 'n ope brief aan die WGO gesê nuwe bevindings oor die virus maak dit oneties vir die Spele om voort te gaan.

Die groep sluit internasionale wetenskaplikes, dokters en spesialiste in mediese etiek van universiteite soos Oxford, Harvard en Yale in.

Hulle het die WGO gevra om dringend sy riglyne oor Zika te hersien. Die WGO sê egter die Olimpiese Spele sal nie die verspreiding van die virus beduidend verander nie.

Die Internasionale Olimpiese Komitee sê ook hulle sien geen rede om die Spele uit te stel of te skuif nie.

Die virus word verbind met babas wat met geboortedefekte gebore word.

SAUK

- Download the OFM app in the Apple or Android app store to read the latest news/sports stories.   

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.